No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Filippense 3:20: “Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag. Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.”

Die lewe van Johannes Calvyn was vol tragedies. Sy ma is oorlede toe hy vier jaar oud was. Sy vrou, Idelette, sterf slegs nege jaar na hul troue op 40. Al hul kinders is as babas dood. Hy was self nie gesond nie en is op 54 jaar oorlede. Hy het ’n konstante verlange na die hemel gehad. Op ’n plek skryf hy: “As ons in ag neem dat ons deur die dood uit ballingskap na ons hemelse vaderland teruggeroep word, sal ons dan nie daardeur vertroos word nie?” Christene het ’n konstante verlange, ’n ernstige begeerte na die wederkoms van Jesus Christus (3:20). Dit hou veral verband met ons wens dat God ’n einde sal bring aan die beperktheid, eindigheid en lyding. Ons hele wese is ingestel op die krag van God wat ons sal herskep in ’n nuwe onverganklike bestaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!