Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 11:39,40: “En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het. . .”
Ons ken die teleurstelling wanneer ons nie kry waarvoor ons lank gewag het nie. Dan bevraagteken ons soms of dit alles die moeite werd was.
Hebreërs 11 vertel stories oor mense wat baie uitdagings op hulle lewenspad ondervind het: die Rooi See (11:29), die mure van Jerigo (11:30), gevegte met leeus, gevangeskap, lyding en armoede (11:33-37). Die hoofstuk eindig met die woorde dat hulle nie gekry het wat beloof is nie (11:39).
Hoe het hierdie mense volhard? Hulle het geweet dat God iets beter vir hulle beplan. ’n Jong Ethiopiese man het verlief geraak op sy penvriend van Swede en het besluit om haar te gaan ontmoet. Hy het al die pad van Afrika deur Suid- en Sentraal-Europa gestap. Toe hy by die Deense grens gevra is hoe dit gaan, het hy geglimlag en gesê dat dit goed gaan en dat dit nie meer ver is nie.
Hebreërs sê dat mense wat volhard, God se beloftes van ver af gesien het en bly was daaroor (11:13). Hulle het verstaan hulle is net tydelike inwoners in hierdie wêreld (11:13). Hierdie wêreld was nie so goed soos wat God hulle in die toekoms belowe het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie