No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 1:8: “Maar van die Seun sê Hy: ‘U troon, o God, staan vir ewig vas, met u koninklike septer laat U reg geskied’.”

Ek het my bril nodig om te lees. Dis irriterend. Wanneer ons visie van Jesus verflou, is dit baie erger.

In Hebreërs word Jesus uitgebeeld as God se volmaakte woord en offer (1:1-4), die volmaakte afdruk van God se wese en ’n getroue heerser wat die skepping onderhou (1:2,3 - Sien ook Joh 1:3). Hy is God se Seun. Hy is nie ’n engel of selfs die belangrikste engel nie. Hemelse wesens aanbid Hom. Met ’n verwysing na Ps 2 word beklemtoon dat Jesus die Koning van alle konings is. Hierdie koningskap sal nooit eindig nie (1:11,12) en deur Hom regeer God die wêreld met reg en geregtigheid (1:8,9).

Sien jy Hom duidelik? Is jou visie versteur?

Wyle prof. Andre du Toit, ’n bekende Nuwe-Testamentikus skryf: “Hebreërs verseker ons dat as ons twyfel, die fout nie by Jesus lê nie, maar by ons visie van Hom.”

’n Verdraaide visie van Jesus het diepgaande implikasies vir ons verlossing, hoop en daaglikse lewe.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!