Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 1:9: “U het die reg lief en U haat die onreg. Daarom het God, u God, U onder groot vreugde tot Koning gesalf bo u tydgenote.”
Daar is ’n oplewing in belangstelling in engele en ander hemelse wesens. Baie mense wil weet of hulle ’n beskermengel het. Hierdie fassinering met hemelwesens was algemeen in die skrywer se tyd. Sy hoofdoel is om te wys dat net een persoon, Jesus, aanbid moet word.
Psalm 72 beklemtoon dat dit die plig van konings was om geregtigheid en die oppergesag van die reg in die samelewing te handhaaf. Historiese rekords toon dat baie van die konings van die Ou Testament, sowel as moderne heersers, hierdie beginsels eerder oortree as gehandhaaf het. In hierdie sin is Jesus uniek aangesien hy hierdie waardes met onwrikbare liefde en toewyding handhaaf.
Regdeur sy bediening het Jesus konsekwent deernis en geregtigheid aan mense wat deur die samelewing gemarginaliseer is betoon. Sy optrede is gekenmerk deur ’n verbintenis tot geregtigheid en liefde vir die uitgeworpenes.
Ons moet hierdie beeld van Jesus in ons harte hou. Hy betoon medelye met ons (4:15). As ons ons oë op Hom hou sal ons hoopvol bly.
Watter soort koning wil jy hê moet Jesus wees? Hebreërs sê dat Hy die regverdige Koning is wat geregtigheid liefhet. As jy Jesus volg, behoort dit ook jou topprioriteit te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie