No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 18:14: “Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word; en hy wat nederig is, sal verhoog word.”

Geestelike arrogansie is ’n doodskoot vir Christene. Emil Brunner het eenkeer opgemerk dat trots altyd tot liefdeloosheid lei. Die wortel van alle sonde is hoogmoed en die daaropvolgende gebrek aan liefde.

In die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar spreek Jesus dit aan. Sommige mense dink hulle is regverdig in God se oë en sien op ander neer (Luk. 18:9). Geestelike hoogmoed is in ons bloed wanneer ons dink ons pogings vir God is beter as ander s’n of dat ons die waarheid ken en hulle nie, is ons hoogmoedige en liefdeloos.

Die Fariseër het ’n merkwaardige CV. Hy dank God vir sy vroomheid. Tog ignoreer hy ’n belangrike feit.

“Hy kyk na God, maar dink aan homself,” het iemand opgemerk. Vroomheid of godsdiensbeoefening maak ons nie regverdig in God se oë nie. God se onverdiende guns is die bron van ons geregtigheid (Luk. 18:13).

Dit word verder geïllustreer in die verslag van kinders (babas in hierdie konteks) wat na Jesus gebring is (Luk. 18:15-17). Die koninkryk van God behoort aan hulle wat, soos babas, nog niks verstaan of nog geen goeie werke kan doen nie.

Hierdie gedeelte waarsku daarteen om verlossing te soek in persoonlike pogings of om ander te evalueer op grond van godsdienstige prestasie. Verlossing is geheel en al ’n produk van God se genade.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!