Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 12:48: “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word.”
Die woorde, “Christus is die Hoof van hierdie huis; die onsigbare gas by elke maal; die stille toehoorder by elke gesprek”, was op ’n muurbehangsel in my grootouers se huis.
In die gelykenis oor die voorbereiding vir die aankoms van die bruidegom by ’n bruilofsfees is Petrus onseker waaroor dit gaan (12:41). Jesus reageer met nog ’n gelykenis en beklemtoon dat oordeel by mense wat die Here se wil ken, begin (12:47, 48).
Hoe lyk mense wat die wil van die Here doen? Ons moet waaksaam wees en voorbereid vir Jesus se wederkoms. Dit is geen ledige, onverskillige of passiewe kerk nie. Ons voer God se wil aktief uit en onderwerp ons aan die teenwoordige Heer (12:42,43). Ons eienaar het ons ’n mandaat gegee om sy sake te bestuur. Ons leef voortdurend in die teenwoordigheid van God.
Wanneer ’n kerk of individue van die woorde van Jesus vergeet, verontagsaam dit die verantwoordelikhede teenoor ander en kan selfs onreg pleeg (12:45). In plaas daarvan dat ons oplossings is vir probleme, raak ons deel van die probleem. Dan leef ons asof Christus glad nie teenwoordig is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie