BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Lukas 12:33,34: Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel. Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Mark Twain het gesê dat ware rykdom is om tevrede te wees met wat ons het. Dis belangrik om oor hieroor na te dink, veral in ’n samelewing waar sukses dikwels aan materiële besittings gelykgestel word. As ons erken dat rykdom meer is as geld en dat dit gesondheid, gesin en basiese behoeftes insluit, sien ons wat werklik waardevol is in die lewe. Jy kan net eet totdat jou maag vol is en jy kan net aantrek totdat jy warm is. As hierdie basiese behoeftes bevredig word, is ons ryker as die meeste mense.
Tog, hoe ongemaklik voel ons wanneer ons van ons rykdom moet deel met ander in nood. Dit wys hoe geheg ons aan besittings is. Rabindranath Tagore herinner ons daaraan dat ware rykdom duidelik word wanneer ons uitgedaag word om ons besittings met ander te deel.
Jesus roep ons om op ewige waardes te fokus eerder as op besittings wat in ’n oogwink kan verdwyn. Ongelowiges fokus op besittings (12:30). Gelowiges fokus op die koninkryk (12:31). Die Vader weet wat ons behoeftes is. Daarom verloor ons nie ons hart op ons aarde beursies nie. Ons tyd en energie in diens van die koninkryk van God het ewige waarde. Dis waar ons belê!
Here, leer my om te fokus op die regte dinge in die lewe, in Jesus Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie