No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Psalm 14:1,5: “Die dwaas dink daar is geen God nie. . . weet julle dan nie dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie? Omdat God aan die kant van die regverdiges is. . .”

Psalm 14 is relevant in ons moderne samelewing. Dit beskryf ’n wêreld waar ongeregtigheid heers as gevolg van die minagting van God. Die digter trek ’n verband tussen ateïsme en onreg. Hy illustreer hoe die magtige ongelowiges die kwesbares onderdruk en die vooruitgang van die hulpelose mense belemmer (14:1-4,6).

Ons kan die Psalm vanuit twee hoeke bekyk. Enersyds hoe diep ingeburgerde samelewingskorrupsie geraak het.

Andersyds, wanneer ons op God fokus, vind ons troos in sy kennis van onreg en menslike boosheid (14:2,3). Hierdie kwaadwillige magte uiteindelik selfvernietigend is omdat God by die regverdiges staan en die goddeloses verantwoordelik sal hou vir hulle dade. Al dink sommige mense dat God nie bestaan nie, is die waarheid dat ’n regverdige God sal sorg dat die kwaad gestraf word.

Christus se dood en opstanding wys dat God se oorwinning seker is. God is ons ware veiligheid en vrede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!