Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Romeine 15:7: “Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.”
Christene beliggaam kern Christelike waardes soos verdraagsaamheid, liefde en aanvaarding deur ruimte te maak vir ander en inklusief te wees.
Hierdie houding is nie natuurlik nie. Ons trek dikwels grense styf om onsself en skep gemaksones waar net eendersdenkende mense welkom is. Om plek te maak vir ander idees as ons eie kan moeilik wees aangesien dit ons gevoel van veiligheid ontwrig en ons onrustig maak.
Die grondslag van Christelike verhoudings is om te besef dat ons aanvaarding van ander spruit uit Christus wat ons eerste aanvaar het. As gevolg van Jesus se dood en opstanding leef ons nou nie vir onsself nie maar vir Hom (14:1-9). Christus is nie net ’n rolmodel om na te boots nie; Hy is eerder die rede agter ons nuwe gedrag. Gevolglik weerhou ons onsself daarvan om ander te veroordeel omhels hulle eerder soos en omdat Christus sondaars soos ons omhels het.
Die evangelie daag ons uit om uit ons gemaksones te tree en die veilige hawens waarheen ons terugtrek, agter te laat. Die Skrif vra ’n enkelvoudige reaksie: om tot eer van God te lewe (15:7). Aanvaarding van ander is een van daardie reaksies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie