No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Matteus 27:46: “Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: ‘Eli, Eli, lemá sabagtani?’ Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?”

Napoleon was glo genadeloos met soldate wat aan die slaap geraak het terwyl hulle op wagdiens was. Een nag het Napoleon op ’n wag afgekom wat ingesluimer het. Die bang man het wakker geword en in Napoleon se oë gestaar. Die soldaat het gesê dat hy sy lot aanvaar. Napoleon het geantwoord: “My seun, jy lyk uitgeput. Rus maar. Ek sal in jou plek wagstaan.”

Terwyl Napoleon probeer het om nasies te verower, het Jesus ’n baie groter bevryding vir die mensdom gebring. Jesus het ons nie net van goddelike straf bevry en God se vloek vir ons sondes gedra nie. Hy het ’n diep menslike ervaring – God se afwesigheid – namens ons verduur. Terwyl ons dalk God se afwesigheid voel, het Jesus dit regtig beleef. God het weggedraai en Jesus het in daardie oomblik die volle toorn van God gedra.

Paulus verseker die Romeine dat Jesus se lyding, dood en opstanding ons die versekering gee dat niks ons nou van God se liefde kan skei nie. God het Jesus verlaat sodat ek en jy nooit weer van God verlate sou wees nie.

Is jy te moeg om voort te gaan? Wees verseker dat Jesus jou wagbeurt oorgeneem het. Jy kan nou in sy sorg rus.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!