Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 2:9: “Maar ons sien Jesus, met eer en heerlikheid gekroon op grond van sy lyding en dood.”
Martin Luther het eenkeer gesê dat geloof dinge sien wat die blote oog nie kan sien nie en verder sien as wat die blote oog kan. Geloof help ons om verder as die pyn wat ons dikwels verduur, te kyk.
Die skrywer van Hebreërs wil ons help om Jesus raak te sien. Alhoewel Hy die Koning en verhewe bo die engele is, het Hy tydelik laer as die engele geword (Hebreërs 2:7). Hoekom? Sodat Hy deur God se genade vir die ganse mensdom kon sterf (Hebreërs 2:9). Die Koning het die rol van ’n dienskneg tot ons voordeel aangeneem (Filippense 2:6-8).
Dis nie al nie. Omdat Jesus Homself tot die dood toe verneder het, is Hy nou verheerlik (Hebreërs 2:7,9). Jesus regeer aan God se regterhand. Sy offer was voldoende. Al is alles nog nie onder menslike beheer nie (Hebreërs 2:8), is Hy reeds die Koning aan God se regterhand.
Die lewe is moeilik. Soms laat ons omstandighede ons twyfel aan God se omgee. Die vroeë lesers van Hebreërs het dieselfde gevoel, aangesien hulle visie van God se sorg mettertyd vervaag en die opgewondenheid van die nuwe evangelie afgeneem het.
Tog, ten spyte van die lewe se terugslae, bly Christus se oorwinning onveranderd. Ons kyk reg: Jesus Christus regeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie