BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Hebreërs 2:10: God, ter wille van wie alles bestaan en deur wie alles ontstaan het, wou baie deel laat kry aan sy heerlikheid. En daarom was dit reg dat Hy hulle Leidsman tot die verlossing deur lyding heen tot volmaaktheid sou bring.
God skep ons nie net en laat ons dan aan onsself oor nie. Deur Jesus sorg God vir ons verlossing van die begin tot die einde. In die brief aan die Hebreërs word gesê dat God alles deur Jesus geskep het. Hy onderhou ook die wêreld (1:2,3). Dieselfde krag wat ons geskep het, is die krag wat ons herskep. God het ons gemaak en los ons nie.
God red sy skepping deur Jesus. Jesus word die Leidsman van ons verlossing genoem, wat beteken dat Hy dit begin en voltooi het (2:10 - Sien ook Heb 12:2). Hy is meer as 'n voorbeeld om na te volg. Jesus het ons gered deur te ly en te sterf.
Jesus is volmaak (2:10). Hy is anders as ons. Ons moet heilig gemaak word, maar Hy maak ons heilig (2:11): ‘Hy wat heilig maak, sowel as die mense wat geheilig word, is almal uit een Vader. Om hierdie rede is Jesus nie skaam om hulle sy broers te noem nie.’
Ons is deel van God se familie. Jesus is ons reddende broer, selfs terwyl ons sondaars is.
God van genade, ons loof U vir ons verlossing deur Jesus Christus ons Here. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie