Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Heb 2:14,15: Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is, het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.”
Volgens Flip Theron het dit gelyk dat die Bose op die Golgota-heuwel geseëvier het. Dit was egter soos ’n tikkende tydbom met Jesus binne-in die graf. Ja, die hel en die dood is op Paassondag vernietig.
Hebreërs sê dat Jesus nie omgee om ons broer genoem te word nie. Jesus het in alle opsigte soos ons geword – vlees en bloed (2:14). Jesus het gewys dat mense belangriker as engele is.
Dikwels fokus ons meer op bose magte as op Christus. Dit lei tot konstante bekommernis oor die duiwel en sy mag. Jesus is nie net magtiger as die duiwel nie. Hy het die duiwel se mag verbreek en hom uiteindelik vernietig. Daarom is ons bevry van angs en slawerny weens ons vrees vir die dood (2:15).
Ons hoef nie die gedagte van die dood te probeer verdryf deur werk of aktiwiteite nie. Jesus het ons die vryheid gegee om met vreugde te lewe, aangesien Hy totale gesag oor die duiwel en die dood het. Leef vandag as iemand wat vry is van vrees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie