Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Heb 2:17: “Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen.”
Al het ons broers ons lief, praat Hebreërs van ’n spesiale broer, Jesus Christus, wat anders is as enige ander. Die brief beskryf hom as ’n hoëpriester in hierdie konteks. In die Ou Testament het hoëpriesters voor God gestaan met ’n volmaakte offer vir die volk. Jesus word nou as die hoogste hoëpriester uitgebeeld.
Hy is nie soos ’n gewone hoëpriester nie. Hy is barmhartig en getrou (2:17) Hy is barmhartig omdat hy omgee. Hy ken ons stryd, lyding en versoekings (2:18) want hy het een van ons geword.
Hy is anders as ander priesters omdat hy nie ’n diereoffer bring nie. Hy self is ’n offer vir die mense (2:17). Dit beteken hy is getrou! Hy het ’n mens geword soos ons, want nie die engele nie, maar ons het vir Hom saak gemaak.
Besef jy hoe lief hy jou het? Ons Broer is meer as net ’n koning of God se boodskapper. Hy was so lief vir jou dat hy sy lewe vir jou prysgegee het. Dit is asof Hy gesê het: “As daar pyn, sonde en lyding is, sal ek ook kom want ek kan nie my broers en susters aan hulleself oorlaat nie.”
Dankie, wonderlike Here, vir u warm hart, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie