Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 2:4: “Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, die Here spot met hulle.”
Deesdae dink baie politieke leiers hulle het al die mag en kan die wêreld verander. Terwyl kragtige leiers die wêreld kan beïnvloed, het hulle besluite dikwels negatiewe gevolge, wat lyding vir baie mense, oud en jonk, die skepping en diere veroorsaak.
Al maak hierdie dinge God hartseer, wil die Psalmdigter ’n ander perspektief gee. Iemand anders is in beheer. Alle leiers staan onder die gesag van die Koning en sal aan Hom verantwoording moet doen. Die Here vind hulle klein magspelle lagwekkend.
As Christene glo ons dat Christus nou aan God se regterhand regeer. Hy regeer oor alles, met alle gesag oor die hemel en die aarde (Matteus 28:18-20).
God vind nie net wêreldleiers wat glo dat hulle almagtig is, lagwekkend nie. Soms lag God ook vir gewone mense wat in hulle eie lewe soos konings optree. Hierdie individue dink hulle beheer alles, weier om te leer, glo hulle weet alles en dring daarop aan om alles onafhanklik te bestuur. Sommige hou daarvan om ander te beheer en dink hulle is onaantasbaar.
As jy so optree, onthou dat die lewe ’n geskenk van God is. Hy sien alles. As jy ly as gevolg van so iemand, weet dat God sal sorg vir mense wat onregverdig behandel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie