Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 3:1: “Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.”
Baie mense vereer Jesus as ’n groot historiese figuur, ’n briljante leermeester wat tydlose waardes geleer het. Hy herinner hulle aan groot figure soos Moses, sommige profete en baie sterk persone wat volgehou het in geloof ten spyte van weerstand.
Volgens Hebreërs is Jesus meer as hulle almal. In die antieke samelewing het konings, priesters en profete belangrike rolle gespeel. Jesus oortref egter enige koning, priester of profeet. Moses, byvoorbeeld is as ’n groot profeet beskou, maar hy was slegs ’n getroue dienaar van God binne die huishouding van God (3:5). Daarteenoor hou Jesus getrou toesig oor die huisgesin van God en sluit ons by hierdie huishouding in (3:6). Daarom oortref die Seun van God Moses in heerlikheid (3:3). Daar is nog iets. Jesus is nie net die uitnemendste van alle profete, priesters en gehoorsame konings nie.
Daar word slegs hier in die Nuwe Testament na Jesus as ’n apostel verwys. God het hom gestuur. Hy het sy lewe as losprys gegee om ons nuut te maak en ons ’n hemelse roeping te gee. Hou vas aan Hom, want Hy is die bron betekenis in ons lewens. Ons koning, priester en profeet bly vir altyd getrou aan sy roeping as God se gestuurde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie