Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Efesiërs 1:22: “Hy het alles onder sy voete gestel, en Hom aan die kerk gegee, as Hoof oor alles...”
Hoe gaan dit vandag? Ervaar jy konstante vrees? Voel jy asof die kragte in die lewe te kragtig is en dreig om jou te verteer? En wat van jou kerk? Voel jy pessimisties oor die voortdurende stortvloed negatiewe nuus oor dalende finansies en getalle?
Een van my studente groet my altyd met die woorde: “Jesus is Here!” Wat ’n troos! Jesus is Here oor ons lewens, die kerk en die hele wêreld.
Toe Jesus opgevaar het na die hemel om aan God se regterhand te sit, het dit aangedui dat sy werk op aarde voltooi is en dat Hy nou as Heer regeer. Hy is Heer oor die dood, alle magte en die kerk self.
Efesiërs 1 beklemtoon hierdie posisie van Jesus oor die magte van die wêreld. Dit eggo die woorde van Romeine 8:34, waar Paulus beklemtoon dat Jesus aan God se regterhand sit en die verskillende magte lys wat ons in die gesig staar: lyding, dood, vervolging en ander magte buite ons beheer. Christus is Here oor al hierdie dinge!
Wanneer ons hierdie waarheid leer ken, kan ons met vrymoedigheid sê dat hierdie Here van die wêreld en die kerk ook ons Here is! Wat 'n voorreg om so ’n groot God te dien!
Jesus, Here van die kerk en die wêreld, dankie dat U ook my Here en God is. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie