Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 3:12: “Pas op, broers en susters, dat niemand van julle ’n sondige, ongelowige hart het wat van die lewende God afwyk nie.”
My pa het teologie gestudeer en gevoel hy wil ’n predikant word. Hy het sy studies voltooi, maar net ’n paar maande voordat hy georden kon word, het hy die pad verlaat. ’n Tragiese lewe was die gevolg.
Een van die hooftemas in hierdie brief is die gevaar om die geloofspad te verlaat.
Die skrywer vergelyk ons geloofspad met Israel se reis na die beloofde land. Hy dink aan hulle stryd in die woestyn, hulle geneigdheid om God te vergeet, hulle verlies aan hoop en hulle verlange na die ‘goeie ou dae’ in Egipte. Christus-gelowiges op reis na die beloofde land loop die risiko om die beloofde rus mis te loop omdat hulle moeg word op die pad.
Ja, soms is mense skuldig dat hulle afgedwaal het omdat hulle God se woord verwerp het. Ons moet ook erken dat mense dit soms moeilik vind om op die pad te bly as gevolg van traumas.
As ’n omgee-gemeenskap moet ons verseker dat mense wat moed verloor nie hoop verloor nie. Ons deel in die verantwoordelikheid vir hulle redding (Esegiël 33:1-9). Wanneer mense die pad byster raak of wegdraai van die evangelie, moet dit ons raak. Wanneer mense onttrek en onverskillig oor hulle toekoms is, behoort ons betrokke te raak.
Gees van God, gee my die krag om betrokke te raak by diegene wat van U vergeet. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie