Bybelse wysheid
Dr. ANNES NEL
Esegiël 34:11: “So sê die Here my God: ‘Ek sal self my kleinvee soek en na hulle omsien.’”
Ná byna 40 jaar van bediening, word ek skaam wanneer ek Esegiël 34 lees. Mense wat vir God se mense moes sorg het hulle self gedien en persoonlike gewin bo die kudde se welsyn gestel. Hulle het die siekes, die swakkes en mense wat van God af weggeloop het, geïgnoreer (34:2-4). Hulle leierskap was outoritêr. Ek moet erken dat daar oomblikke was wat ek op al hierdie gebiede misluk het.
Die skuld lê egter nie net by die leiers nie. Die mense het mekaar ook onderdruk, met die rykes wat die weerloses uitgebuit het (34:21-24). Swakkes was herderloos.
God laat egter nooit mense in nood in die steek nie. Hulle is vir Hom soos hulpelose skape. As die goeie herder soek hy na die mense wat weggeraak het (34:12,13,16) en versorg hy die veronregtes (34:13,14, 21). Hy belowe om reg en geregtigheid te herstel.
Jesus sê later dat Hy die goeie herder is (Joh. 10). In Hom gee God ’n nuwe begin omdat menslike herders nie hierdie rol soos Hy kan vervul nie. Hy gee lewe in oorvloed (Johannes 10:10). Dawid sê die Here is sy herder, omdat hy persoonlik sy sorg en beskerming ervaar het (Ps. 23). Met hierdie herder kan jy selfs deur die donkerste dieptes gaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie