Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Habakuk 1:7,11: Hulle is 'n nasie wat vrees en ontsag inboesem, hulle ken net een wet, een trots, hulle eie. Vir hierdie sondige nasie is sy eie mag sy god.

Daar is magte buite ons beheer. Politieke leiers neem besluite wat die lewens van gewone mense kan verander of vernietig. Die Neo-Babiloniese Ryk was een hiervan. Dit het in 625 vC ’n magtige en wrede nasie geword en in 538 vC geval.

Die Here sê dat Hy hulle sal gebruik om sy volk te dissiplineer. Dit was asof God sê dat hulle nog nie ware onreg gesien het nie. Die ergste kom nog!

Wanneer ons soos Habakuk God om hulp vra en hierdie soort antwoord kry, is dit maklik om die waarde van ons geloof en gebede te betwyfel. Habakuk herinner ons egter aan die teenwoordigheid van goddelose magte, soos ons in die boek Openbaring sien. Die tyd tussen Christus se geboorte en sy wederkoms, is die ‘laaste dae’. Openbaring sê dat dit gevul is met dood, onreg, oorlog en honger wat veroorsaak word deur magte wat ons nie kan beheer nie. Tog sal God se mense altyd veilig wees. Al dink hierdie magte dat hulle in beheer is, het Christus hulle deur sy dood en opstanding oorwin. Daar sal ’n tyd kom wanneer dinge finaal reggestel sal word. Christus se oorwinning verseker ons dat die bose nie oor die goeie sal seëvier nie.

Here, dit is moeilik om te aanvaar dat dinge kan vererger. Beskerm ons asseblief, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!