Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Habakuk 2:4: “Kyk, hy wat nie opreg is nie, kwyn weg – maar die regverdige – deur sy betroubaarheid sal hy lewe.”
Dit kan frustrerend wees om in die ry by die bank, winkel of lughawe te wag of om in die verkeer vas te sit. Geduld is waardevol!
Wanneer die Here op die profeet se klagtes reageer, vind ons die kernboodskap van die boek. God se beloftes is seker. Dit moet neergeskryf word sodat almal dit kan sien (2:2). Dit word nie dadelik vervul nie. Dit sal gebeur, maar dit is belangrik om geduldig wag (2:3)
Jesus is die Here, maar ons sien dikwels geen bewyse daarvan nie. Ons geloofsreis is ’n tyd van hoopvolle afwagting tussen Jesus se hemelvaart en sy wederkoms. Ons glo wat reeds waar is in Christus, al word dit vir nou nie gesien nie.
Hoe kan ons geduldig wag? Ons wag in geloof. Ons leef betroubaar (2:4). Dit behels om ons aan God se beloftes te onderwerp en die toekoms wat Hy belowe ernstig op te neem (2:1,2), al sien ons dit nog nie.
Hebreërs eggo ook hierdie gedeelte in Habakkuk (Heb 10:37–38). Geloof is nie om te sien nie. Geloof is om God se beloftes te vertrou en betroubaar te leef. Dit maak nie saak hoe moeilik dinge is nie. Ons hoop op Hom en is veilig.
Here, help ons asseblief om in u beloftes te glo, selfs wanneer dit moeilik is om te glo, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie