Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 4:12: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.”
Het jy al gedroom dat jy kaal in die openbaar is? Jy probeer jouself bedek, maar dis onmoontlik. Die lewende en kragtige Woord van God ontbloot ons. Niks is geheim is God se oë nie. Ons moet aan Hom rekenskap gee (4:13). Hy sien ons harte, ons bedoelings, ons sondes. Die Woord van God dring deur tot die kern van ons wese (4:12) en bereik die onskeibare dieptes van ons siel en gees.
Tog bring hierdie Woord van God lewe. Johannes Calvyn het opgemerk dat God ons deur sy woord na sy beeld verander, die poorte van die hemel oopmaak en Christus as ons Oorwinnaar oor sonde en skuld skenk. Martin Luther het opgemerk dat Christus na ons toe kom deur die Woord van God. Dit is ’n kanaal vir die Heilige Gees, waardeur ons die gawe van verlossing ontvang.
Hebreërs sê vir ons dat God eers deur die profete gepraat het en toe deur Jesus, ons Broer en Verlosser. God praat met ons deur die Heilige Gees (3:7). Ons ontvang vrede en rus as ons sy woorde van verlossing hoor en daarop reageer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie