No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Lukas 14:28: “Wie van julle wat ’n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken nie?”

Søren Kierkegaard het daarop gewys dat daar bewonderaars van Jesus, studente van Jesus en volgelinge van Jesus is. Daar is ’n beduidende onderskeid tussen hulle.

Ek het eenmaal oor Lukas 14:25-32 by ’n kerk gepraat en wat dit beteken om Christus waarlik te volg. ’n Toegewyde lid van die gemeente het na dit vir my gesê: “Dis te veel vir my. Die koste is te hoog.”

Jesus sê ons moet die koste oorweeg voordat ons Hom volg (14:28-32). Wat kos dit om Jesus te volg? Jesus sê dat ons Hom meer as ons geliefdes moet liefhê (14:26). Ons is lief vir ons gesinne, maar ons liefde vir Jesus is belangriker as enigiets anders.

Ons moet Jesus meer liefhê as onsself (sien 14:26b, 27). Vir Jode was dit ’n duidelike teken van ’n doodsvonnis as iemand na ’n verhoor ’n paal op die rug gedra het. As ons Jesus volg, stap ons die pad na Golgota.

Ons moet Jesus meer liefhê as ons besittings (14:33). Ons besittings moet ons nooit besit nie. Wanneer dit ons lewens oorheers, kom alles – insluitend ons verhouding met die Here – tweede.

Wat kos dit jou om ’n Christen te wees? Jesus wil volgelinge hê, nie net bewonderaars of mense wat dinge wil weet nie.

Here, mag niks meer liefde in my hart opeis as U nie. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!