Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 14:24: “Dit verseker ek julle: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.”
In sy boek, Wat dissipelskap kos, skryf Dietrich Bonhoeffer dat genade goedkoop geword het. Die kerk het genade verniet weggegee sonder om ons tot navolging van Jesus op te roep.
Sommige mense glo dat die kerk ons iets skuld. Predikante moet doen wat hulle verwag. Immers, solank mense gelukkig is, is alles reg.
Jesus het stukkende mense lief. Die vraag is: kan ons hierdie genade verwerp? Is dit moontlik om verlore te gaan terwyl ons gereeld kerk bywoon, ’n Bybel het en ’n godsdienstige lewe lei?
Maaltye in die Bybel verteenwoordig dikwels die groot verlossing wat God bied. Ons neem deel aan hierdie feesmaal van verlossing en sal saam met die Verlosser en die verlostes feesvier (sien ook Jesaja 25:6, 8; Openbaring 19:5-9).
In Lukas 14 simboliseer die maaltyd God se guns wat deur sy Seun gebring is. Tradisioneel het mense kos gestuur aan hulle wat nie die fees kon bywoon nie. In hierdie geval sal mense wat genooi is, die ervaring misloop, terwyl die gemarginaliseerdes ingesluit word (14:21-23).
God se genade reik uit na mense wat dit nie verdien nie, terwyl diegene wat dink hulle kan daarmee speel, dit verloor. Genade kan weggeneem word. Ons besit dit nie. In Jesus het die koninkryk van God gekom, is die dood oorwin en verlossing geskenk. Moenie wegloop van hierdie geskenk nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie