No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Habakuk 1:13: “U oë is te rein om toe te kyk terwyl daar verkeerd gedoen word, U kan tog nie sien dat daar ellende is en niks doen nie!”

Sommige mense dink ons moet net die slegte dinge aanvaar wat met ons gebeur. Ons moenie God se plan bevraagteken nie. Ons moet net berus.

Nee, ons mag protesteer. Dit is aanvaarbaar dat ons ons griewe en bekommernisse teenoor God uitspreek. Die profeet doen dit. Hy hou aan, selfs nadat sy eerste klag nie ’n positiewe antwoord gekry het nie.

Hierdie keer praat hy oor hoe heilig en betroubaar God is (1:12). As God heilig is, hoe kan Hy die Galdeërs gebruik om sy eie mense te straf (1:13)? Dit is vreemd dat ’n selfgesentreerde nasie as ’n instrument van God se geregtigheid gebruik kan word. Waar is God wanneer hierdie nasies hulle slagoffers verstrik en hulle verlustig in hulle oorwinnings (1:15). Hoe kan ons hierdie optrede versoen met die God wat ’n vaste rots is (1:12). Sien Hy self dit nie raak nie?

God het dit gesien! In Jesus het God ’n nuwe begin aangekondig. God haat die onreg. Hy staan langs ons in ons stryd. Niks kan ons van sy liefde skei nie, selfs al sien ons nie onmiddellike oplossings nie. Ja, daar is boosheid, maar ons het die reg om daaroor te protesteer. Ons kan verwag dat Hy sal ingryp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!