Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 14:17: “Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te sê: ‘Kom, die maaltyd staan klaar’.”
Ons het ’n ingeboude weerstand teen God se guns in ons lewens. Ons woon in ’n land met baie seëninge, van radiodienste en kerke tot boeke en Bybels in ons eie taal. Wanneer God ons nooi om sy redding te vier, sê ons dikwels nee. Ons sê dinge soos: “Ek het verantwoordelikhede by die huis, by die werk, op die sportveld, met my kinders en eggenoot.” Die Here sal verstaan. Regtig? Moet God ons weerstand teen sy begeerte om ’n verhouding met ons te hê, aanvaar? Is dit reg wanneer ons ander dinge bo Hom kies.
Die verskonings om nie na die fees te gaan nie, is selfs meer twyfelagtig as ons die uitnodiging verstaan (14:16,17).
In antieke tye het mense twee uitnodigings gestuur: een om te sien hoeveel mense sou kom en nog een om te sê dat die maaltyd gereed is. Sodra die uitnodiging aanvaar is, was dit bindend. Om daarna nie op te daag nie, is as onbeskof beskou en kan die fees bederf.
Die oproep om te kom (14:17) is ’n voortdurende uitnodiging. Hierdie uitnodiging is die Here se onverdiende guns.
Wil jy werklik die ewigheid in die teenwoordigheid van die God wat jou genooi het om deel te hê aan sy redding, verwerp?
God van genade, leer my om U eerste te stel, sodat ek nie die fees misloop nie. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie