Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 4:14: “Terwyl ons dan nou ’n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely.”
Soms raak ons vasgevang in ons ou patrone van dink en leef. Die lewe word ’n las. Ons het ’n nuwe begin nodig.
Hebreërs beskryf ’n nuwe begin deur Jesus, die Groot Hoëpriester. Hy is beter as alle vorige priesters wat geleef het. Die brief ontwikkel Jesus se rol as die groot hoëpriester op verskeie maniere. Een daarvan is dat Hy reeds vir ons sondes versoening gedoen het. Ander hoëpriesters moes gereeld in die heiligdom ingaan om offers te bring (10:1,11). Ander hoëpriesters moes vir hulself en die volk offers bring (5:1-3).
Ons Hoëpriester, Jesus Christus, het egter versoening gedoen vir ons sondes deur sy unieke offer. Hy het nie vir Homself offers gebring nie omdat Hy sondeloos was. Hy het Homself opgeoffer. Hy het God se wil volkome vervul (4:15; 5:9; 7:26-28). Sy gehoorsaamheid was volmaak (5:9).
Daarom wil ek Hom graag vandag loof. Ek het die enorme troos om te weet dat ek nie meer offers vir my sonde hoef te bring nie. Jesus het so baie vir my omgegee dat Hy my van hierdie las verlos het. Op ons lewenspad, waar ons gereeld val, is daar ’n Persoon wat my ken en my altyd ’n nuwe begin gee deur sy volmaakte offer.
Dankie vir u volkome offer wat my vrygemaak het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie