No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 4:15: “Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie.”

Martin Luther skryf oor hierdie gedeelte: Nadat hy wyn op ons wonde gegooi het, gooi die skrywer olie. Hy troos ons nadat Hy ons bang gemaak het.

Jesus is net soos ons in versoeking geplaas (Matteus 4). Henri Nouwen praat oor die versoekings om gewild, belangrik en magtig te wees in Matteus 4. Matteus 27:40 beskryf Jesus se versoeking om die kruis weg te gooi.

Hy het God gevra dat die lydensbeker by hom sal verbygaan. Tog, Jesus se doel was om God se wil te doen (Hebreërs 10:7; Lukas 2:49, 52; Johannes 4:34; 5:30; 6:38). Christus was getrou selfs toe hy gely het (Hebreërs 5:8).

Die hoëpriesters van ouds was soos ons – met swakhede. Wat is anders met Jesus? In Hebreërs 4:14 verwys die skrywer na Jesus met sy menslike naam, maar ook as die Seun van God, wat beide sy empatie en goddelike krag toon. Jesus word beskryf as die Verlosser wat verstaan hoe swak ons is. Die skrywer verwys waarskynlik na Getsemane in Hebreërs 5:7, wat wys dat Jesus ons beproewings en versoekings ken.

Wil jy wegdraai van die Here af? Hy verstaan hierdie versoeking.

Dirkie Smit skryf dat Jesus ons verstaan, met al ons diepste vrae, skuldgevoelens en selfverwyt. . . ons beproewings, versoekings en ongeloof. Daarom kan Hy help.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!