Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 5:8,9: “. . . Hy het geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword.”
Die Hebreërskrywer beklemtoon Jesus as ons voorloper. Hy het reeds die pad gestap. Hy het alles gedoen wat ons nie kon doen nie. Daar is niks wat ons kan byvoeg om gered te word nie, want Hy is die bron daarvan. Deur sy volmaakte gehoorsaamheid het Hy sy sending uit liefde vervul. Sy gehoorsaamheid, as een volkome mens soos ons was, het die mag van Satan gebreek en ons van die vrees vir die dood bevry – soos ’n slaaf wat bevry word (Hebreërs 2:14-15).
Hebreërs 5:9 herinner ons daaraan dat Jesus die bron van redding is vir almal wat Hom gehoorsaam.
Wat beteken dit om Hom te gehoorsaam? Ek het gehoor van ’n man wat gesien het hoe 'n sak in die rivier gegooi word. Hy het ingespring en dit uitgetrek. Binne-in was ’n vrou met haar hande en voete vasgebind. Toe hy haar gered het, het sy gesê: “Ek sal jou dien, want jy het my gered.”
Ons bly getrou aan Christus uit dankbaarheid want Hy het in die rivier gespring en ons gered. Ons hou vas aan ons geloof, want Hy het ons vrygemaak (Hebreërs 4:14).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie