No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Korintiërs 8:9: “Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.”

George Massieu het opgemerk dat sorgelose vrygewigheid teenoor ander die hart se herinnering aan God se onbeperkte goedheid aan ons is.

Elke sent, asemteug, uur en krag in ons arms ’n geskenk van God is. Paulus verbind dikwels ons geld en vrygewigheid met God se genade (2 Korintiërs 8:1-3, 6, 10-11, Romeine 15:27; Galasiërs 2:10; Filippense 4). Paulus vra sy lesers om die arm mense in Jerusalem te help. Hierdie fondsinsameling was een van die belangrikste aspekte van sy bediening.

Sommige mense is ongemaklik met preke oor geld en hulp aan ander. Hulle dink dat God en geld in verskillende wêrelde is – God in die geestelike en geld in die materiële.

Dit is nie Christelik nie. Paulus praat nie oor geld self nie. Hy verbind dit met ons reaksie op God se genade. Hy noem dit vrywillige werk (2 Korintiërs 8:4-12; 9:7) en ’n dankoffer (2 Korintiërs 9:5). Ons reageer op God se genade deur vrylik te gee en ander met liefde te dien. Dit is deur sy genade dat ons oorvloed het (2 Korintiërs 8:7, 9; 9:9). Ons plaas alles wat ons het op die altaar om ander te help – soos Jesus gedoen het.

Here, maak my vrygewig, want alles wat ek het, kom uit u hand. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!