BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:1: Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge wat aangaande Christus verkondig word nie, maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap.
Ken jy die boodskap van die evangelie? Hoe beïnvloed dit jou waardes, lewenstyl en toewyding aan Christus? Baie gelowiges kan vandag nie saamstem oor die basiese sake van God se woord nie. Dit het ’n slegte invloed op die samelewing. As ons nie die basiese beginsels van ons geloof ken nie, het ons geen invloed nie.
Die lesers van hierdie brief het blykbaar nie gegroei nie. Hulle het nie die meer dieper dinge van geloof verstaan nie. Hulle wou ook nie want hulle het traag geword. Daarom kon hulle nie reg van verkeerd onderskei nie.
Die skrywer sê dat hierdie mense nou iemand nodig het om die basiese geloofswaarhede aan hulle te verduidelik (5:12). Om aspekte van geloof te ken is nie genoeg nie. In die onderrig met nuwe Christene het die skrywer klaarblyklik ses basiese elemente deurgewerk. Dit was bekering, geloof, die doop, handoplegging, opstanding uit die dood en ewige oordeel (6:1, 2). Die inlywing van nuwe gelowiges in die geloofsgemeenskap het spesifiek die doop en handoplegging behels.
As ons die basiese beginsels verstaan, moet ons aanhou groei. Wanneer ons nie groei nie, gaan ons eintlik agteruit. As ons nie groei nie, is ons in gevaarlike gebied. Hierdie laksheid lei tot afvalligheid.
Gees van God, laat my groei in die geloof wat U my gegee het, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie