BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Spreuke 26:27: Wie 'n gat vir 'n ander grawe, val self daarin; die klippe wat hy gooi, sal na hom toe terugkom.
Jare gelede het my kollega per ongeluk in ’n graf geval terwyl hy ’n begrafnis gehou het. Sy val was ’n onverwagse humoristiese oomblik tydens ’n andersins hartseer geleentheid.
Dit is nie net die grafgrawers wat gate grawe nie. Dit is nie net dooie mense wat in hierdie gate beland nie. Die digter waarsku teen mense wat op konflik floreer (26:17,20-21). Hulle hou van twis en maak moeilikheid. Hierdie mense is hanteerbaar, maar ’n meer uitgeslape groep bestaan: tweegesig mense (26:23-26). Voor jou is hulle vriendelik, maar is iemand anders agter jou rug. Selfs al lyk dit of hulle goeie bedoelings het, beplan hulle jou ondergang en steek jou in die rug terwyl hulle voorgee dat hulle jou vriend is. Mense geniet gereeld hulle skinderpraatjies (26:22). Dis soos lekker kos.
As dit iets is wat jy self doen, dink aan die skade wat jy aanrig. Jou misleiding en liegery vernietig lewens, reputasies en selfs ’n persoon se wil om te lewe. Is dit wat jy wil hê? Hier is 'n waarskuwing: God is teen sulke gedrag. Jy woon in ’n glashuis. Hou op om ander seer te maak. Hou in gedagte dat jy baie maklik in die gat kan beland wat jy vir ander mense grawe (26:27) en dit is nie snaaks nie.
Gees van God, bevry my van die drang om ander skade aan te doen, in Jesus se naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie