BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 1:20: Hy is die “ja” van God, die “ja” op al die beloftes van God. Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê.
Shakespeare het gesê dat 'ja' en 'nee' tegelyk swak teologie is. Dis nie net slegte teologie nie. Dit lei ook tot ’n onseker lewe. Toegegee, die lewe kan soms moeilik wees. Ons leef daagliks in die onbekende. Ons wêreld ly aan die siekte van twyfel. Ons moet oortuig word om 'ja' vir die lewe te sê. Ons bestaan, maar ons het dikwels nie ’n doel nie.
Ons kan positief op die lewe te reageer, want God het vir ons ‘ja’ gesê. Jesus Christus is die ‘ja’ op al God se beloftes. Ons ‘amen’ is die reaksie op God se ‘ja.’ ‘Amen’ is nie net 'n woord wat ons aan die einde van ’n gebed sê om af te sluit nie. Sommige mense sien die woord as ’n teken dat hulle nou kan hoes, nies en hulle neus kan blaas, sê die Nederlandse predikant Veldkamp. Nee, ‘amen’ is ’n manier om ‘ja’ te sê. Ons vertrou God, want die uitkoms is seker!
Ons ‘amen’ op God se beloftes gee rigting in ons lewens. Ons weet God is betroubaar en het vir ons ‘ja’ gesê. Nou kan ons ‘ja’ en 'amen' vir die lewe sê, want God het ’n sak vol beloftes vir ons!
Here, help my om "ja" te sê vir die lewe, want U is getrou. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie