BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 1:21: God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus.
My ma het gereeld opgemerk dat ons nie weet wat môre sal bring nie. Sy was ietwat pessimisties. Ja, die toekoms is onvoorspelbaar – siekte kan toeslaan, ons kan sonder werk wees en politieke leiers is onvoorspelbaar.
‘Wie hier ingaan laat alle hoop vaar’ staan by die ingang van die hel geskryf in Dante se ‘Goddelike Komedie’. Wanhoop is hel. Emil Brunner het gesê dat ons hoop net so nodig het as suurstof vir ons longe. Ja, ons wonder soms of die Here se beloftes nog waar is. Het God opgehou om my lief te hê?
Onthou dan dat God Homself aan jou verbind het. Hou vas aan wat God belowe het! Herhaal dit! God het jou op vaste grond geplaas. Ek staan sterk. Hy het jou afgesonder. Ek is spesiaal! God het jou as sy eie gemerk. Ek behoort aan Hom! Hy het sy Gees aan jou gegee. Ek is seker God sal sy beloftes nakom. God se beloftes is betroubaar en waar, want deur die menswording en opstanding van Christus het God sy beloftes vervul (Rom 15:8; Handelinge 13:32)
Ons het hoop. Christus is ons fondament in onseker tye. Ek weet dalk nie wat môre gaan bring nie, maar ek weet dit: God het vir ons ja gesê en Hy sal nooit weer nee sê nie.
Here, ek loof U vir die sekere toekoms wat ek uit u hand ontvang het. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie