BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 1:20: Daarom is dit ook deur Christus dat ons tot eer van God daarop “Amen” sê.
’n Nederlandse predikant, A. de Groot, sê dat geloof beteken om amen te sê, amen te doen en amen te wees. Daar is so iets soos vreugde in die Here, ’n viering van die lewe!
Ons kan die lewe geniet, maar soms kan dit lei tot roekeloosheid wat God uitsluit. Vir Christene het ‘amen’ ’n duidelike doel: dit verheerlik God. Dit impliseer dat my lewe uiteindelik volkome aan Hom oorgegee word. Alles wat ek doen, dink, sê en is, is om Hom te verheerlik. Paulus verduidelik dit in Kolossense 3:17: Met dankbaarheid teenoor God die Vader praat en doen ons alles in die Naam van die Here Jesus.
Raymond Brown skryf dat dit onvoldoende is om bloot lippediens aan Christelike waardes te bewys. Ons toewyding moet opreg wees en moet uit die hart kom. Ons leef ons lewens bewus van God se teenwoordigheid.
God het ons vrygemaak om die toekoms in te gaan. Niks verhinder ons om vorentoe te beweeg nie. Ons sakke is vol beloftes wat waar geword het en ons het die Gees om ons te verseker dat God sy woord vorentoe sal hou. Laat ons dus lewe op ’ manier wat God eer.
Here, skenk my die krag deur u Gees om vandag tot u eer te lewe. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie