BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Psalms 124:6: Aan die Here kom die lof toe... Ons is bevry soos 'n voël uit die wip van 'n voëlvanger; die wip het gebreek en ons was vry!
Die lewe is gevaarlik. Hierdie Psalm gebruik verskillende beelde: vyande, waters en jagters wat voëls in wippe vang (124:1-7). Dit was soos die dood. Water was die beste manier om oor ’n groot, skrikwekkende bedreiging te praat.
Ons weet nie na watter gebeurtenisse hierdie beelde spesifiek verwys nie, maar ons kan aanvaar dat dit aansluit by hulle geskiedenis as God se volk - dalk die bevryding uit Egipte en deurtog deur die Rietsee. Die Here se redding het die waters binne perke gehou. Vir hulle was dis soos die vryheid wat ’n voël beleef wat in ’n wip gevang word en dan bevry word.
Ek ken nie jou verhaal nie. Miskien is jy soos ’n slaaf of ervaar jy ballingskap. Miskien beleef jy baie teenstand. Die Psalmdigter belig twee groot gedagtes: beskerming en bevryding. Hy sê dat die Here aan hulle kant was. As dit nie so was nie, was dit klaarpraat met hulle.
Paulus sê: God is vir ons, daarom kan niks of niemand teen ons wees nie (Rom 8:31). In Christus sien ons sy bevryding (8:33-34) en sy beskerming te midde van hopelose situasies (8:35-39).
Dankie die Here vandag dat jou lewe nie in ’n doodloopstraat is nie. God het jou deur Jesus bevry van die bose, sonde en die dood!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie