BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:4,6: Wanneer mense een keer deur God verlig is... en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring.
Geloof is ’n reis, nie net ’n eenmalige gebeurtenis nie. Hoe gaan dit met jou op hierdie reis? Die skrywer van Hebreërs praat met sorg en beskryf Jesus as ’n Hoëpriester wat ons swakhede verstaan. Daar is versoekings wat ons in die gesig staar. God verstaan dit. Alhoewel God nie ons sondes goedpraat nie, weet Hy ons is menslik en feilbaar.
Daarom is dissipline belangrik op ons reis. Wanneer ons ons verlange na God verloor of aan versoeking toegee, loop ons die gevaar om op afdraaipaie te beland (2:1). In hierdie gedeelte spreek die skrywer ’n probleem in sy gemeenskap aan: sommige het hulle Christelike reis met entoesiasme begin maar later weggedryf en die gemeenskap verlaat as gevolg van verharde harte (3:12,13). Hulle het nie net opgehou glo nie. Hulle was nie slagoffers nie. Sommige het aktiewe teenstanders van die evangelie en geloof in Jesus Christus geword.
’n Sleutelkenmerk van hierdie mense wat die geloofsreis verlaat het, is dat God se lig oor hulle geskyn het. Hulle het sy genade ervaar, van duisternis na lig beweeg, maar het nou teruggekeer na die duisternis sonder Christus.
Geloof is ’n lang pad. Dit is nie ’n kitsresep vir volgehoue toewyding nie. Ons kan soms struikel of selfs wegdryf. Ons het Hom elke uur nodig!
Here, bewaar my in die lig van u teenwoordigheid. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie