Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

BYBELSE WYSHEID

Mandy Rittmann
DR. ANNES NEL

Hebreërs 6:4,6: Wanneer mense een keer die hemelse gawe ontvang het... en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring.

‘Niks is meer lekker nie,’ het iemand in ’n versorgingsfasiliteit vir persone met verskillende grade van demensie vir my gesê. My hart het gebreek. Hoe verskriklik om ’n tyd in die lewe te bereik wanneer ons vreugde verloor het.

Sommige lesers van hierdie brief het goed begin in hulle Christelike lewe. God het hulle verlig. Sy teenwoordigheid het hulle duisternis in lig verander. God het hulle ‘een keer’ verlig (6:4). Dit beteken nie dat dit net een keer plaasgevind het nie. Hy sê eerder: God het hulle lewe verander!

Die beeld van God se verligting word gevolg deur die beeld van kos. Hulle het ’n hemelse gawe ontvang. Hy verwys dalk na die manna in die Ou Testament. God het wonderbaarlik voorsien op hulle reis deur die woestyn. Christene sien die manna uit die hemel as Christus. Hierdie mense het God se goedheid en getrouheid ervaar toe hulle evangelieboodskap gehoor het.

Daar is mense wat ek ken wat Christus nie meer wil volg nie. Hulle hou nie meer daarvan nie. Hulle wil dit nie meer ‘proe’ nie. Dit het vervelig en vreugdeloos geword. As jy vandag een van hulle is, moenie jou hart verhard nie (3:12,13). Draai terug na Christus en herontdek die vreugde in Hom!

Here, gee dat ek nooit my begeerte na U mag verloor nie. Amen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!