Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:4,6: “Wanneer mense. . . deel gekry het aan die Heilige Gees. . . en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring.”
Die begin van die einde. . . Dit is wanneer ons voel dat niks gedoen kan word om ’n situasie te red nie. Ons sien die einde en dit lyk nie goed nie.
Christelike onverskilligheid en luiheid is die begin van afvalligheid. Dit is die begin van die einde.
Die Heilige Gees verander lewens. Geloof is die gevolg van die kragtige werk van die Heilige Gees. Hierdie mense het deel gekry aan die Heilige Gees. Moontlik beteken dit dat hulle geestelike gawes ontvang het of die Gees se werk ervaar het.
Die gemeente is onderrig in handoplegging, doop, geloof, bekering en oordeel. Hulle is gedoop. Die handoplegging is simbolies van die Heilige Gees se bemagtiging om te dien. Hulle was uiteraard aktiewe lidmate van die gemeente.
Dinge is nou anders. Bekering, oordeel, handoplegging, doop en die opstanding maak nie meer ’n indruk op hulle nie.
Dit is ’n waarskuwing. Afvalligheid in Hebreërs 10:29 word beskryf as die minagting van die Gees van genade. Ons loop die risiko om ons rigting in die lewe te verloor as ons ophou om die rol wat die Heilige Gees in ons lewens speel te minag. Vra die Here vandag om weer jou oë vir sy werk oop te maak.
Heilige Gees, hou my aktief in u diens. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie