No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 6:6: “In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot ’n bespotting.”



Geloof verbind ons aan iets groter as onsself. Dis nie afhanklik van ons eie krag nie. Ons hoop is geanker in Jesus Christus, nie in ons goeie, godsdienstige dade of hoe toegewyd ons is nie.

Terwyl Johannes 10:28 ons verseker dat niemand ons van die Vader vervreem nie, fokus Hebreërs op ’n ander saak. Dit beklemtoon die erns van ons geloofsreis. Geloof is nie net ’n eenmalige keuse om Jesus te volg nie. Dit is ’n marathon, ’n lewenslange verbintenis. Die brief waarsku ons om naby die Here te bly, anders word ons dalk moeg en verlaat die pad.

Sommige mense in hierdie gemeenskap het dit gedoen. Die brief praat nie oor die sondes wat ons doen nadat ons Christene geword het nie. Dit gaan oor ’n lewenskeuse wat gemaak word. Hierdie mense het kennis gehad en wonderlike dinge ervaar, maar het verkies om hulle rug op die evangelie en geloofsgemeenskap te draai. Soos in Hebreërs 10:26-29, was dit ’n doelbewuste besluit.

Dit is ernstig omdat dit ’n bespotting van die Seun van God gemaak het. Hierdie optrede kan ander laat twyfel of geloof in Christus regtig nodig is. Wat ’n verskriklike daad!

Ons word daarom aangemoedig om op Jesus te fokus en Hom met ander te deel. Voortdurende toewyding en geloof is ’n getuienis. Dit maak saak en het gevolge vir die boodskap van Jesus Christus.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!