No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Hebreërs 6:7,8: “Dit is soos met grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val. As dit bruikbare gewasse voortbring vir dié wat dit bewerk, word dit deur God geseën. Maar as dit doringstruike en dissels oplewer, is dit waardeloos en is die tyd naby dat God dit vervloek.”



Groot dele van Namibië is woestyn. Net sy inwoners verstaan werklik die vreugde wat reën bring.

Hierdie ervaring sluit aan by die gelykenis van die saaier (Matteus 13) en wat die skrywer hier probeer sê. Die saad kan op goeie grond val en floreer. Soms is die reaksie positief, maar net vir ’n kort tydjie.

Uiteindelik is daar net twee reaksies op die evangelie: aanvaarding of verwerping.

Ons bestemming word nie deur ons sondes bepaal nie, maar deur ons ongeloof. Dit is die hart van afvalligheid. Soos Raymond Brown opmerk, hang ons verlossing nie af van ons liefde of toewyding aan God nie, maar van sy onwrikbare liefde en toewyding aan ons. Dit is nie ons greep op Hom wat ons red nie, maar sy greep op ons. Ware geloof rus in die versekering dat God ons vashou. Daarom wil ons naby Hom bly.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!