Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Hebreërs 6:10: “God is nie onregverdig nie: Hy sal julle werk nie vergeet nie en ook nie die liefde wat julle vir sy Naam betoon het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en nog dien nie.”
Wanneer dit in ’n droë land reën, vier vee- en saaiboere fees. Daar is kos vir die diere en die gewasse groei. Ongelukkig groei onkruid en slegte gewasse ook ná reën.
Net so vind die evangelie nie aanklank by almal nie. Sommige verwerp die goeie nuus van Jesus en kies hulle eie paaie. ’n Swaar oordeel wag op hulle wat die “vrug” van dorings en dissels voortbring. Dit word as waardeloos beskou en loop die gevaar om vervloek te word (6:8). Andersyds is daar mense wat positief op die evangelie reageer. Hulle bly toegewyd aan God.
Terwyl die skrywer teen afvalligheid waarsku, erken hy dat baie toegewyde lewens lei. Hulle doen nie ander skade aan nie, maar bewys ander liefde deur dade (6:10). Hulle diens word nie deur humanistiese ideale gemotiveer nie. Dit spruit eerder uit hulle liefde vir God (6:10). Wanneer ons God liefhet, loop daardie liefde oor op mense rondom ons. Ons toewyding aan God word weerspieël in ons toewyding aan mekaar.
Die dringendheid om naby aan God en sy woord te bly is duidelik dwarsdeur hierdie brief. Weer eens moedig die skrywer lesers aan om hulle geloof tot die einde met ywer uit te leef. Luiheid op ons geestelike reis is dodelik (6:12).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie