Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 2:14: “Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus.”
As tiener het ek die Bybel bestudeer en tekste gememoriseer. Hierdie spesifieke teks was baie belangrik vir my. Ek was deel van Christus se triomfantlike optog, veral tydens moeilike en verwarrende tye in my lewe.
M. Stocks skryf: “God stel meer belang daarin om die mense wat by die probleem betrokke is te verander as om die situasie te verander wat die probleme veroorsaak.” Paulus het ’n moeilike tyd in Efese deurgemaak (1:8–10). Hy moes van plan verander. In plaas daarvan om na Korinte te gaan, moes hy na Troas gaan. Daar het God belangrike deure oopgemaak (2:12).
Dit maak nie saak wat gebeur het nie, niks kon die vooruitgang van die woord keer nie. Paulus praat daarom van deelname aan ’n triomftog in Christus (2:14). Soos wierook, het hy die kennis van Christus gedeel oral waar hy gegaan het. Sy lesers het die beeld van ’n generaal of koning wat van ’n oorwinning terugkeer met krygsgevangenes wat aan strydwaens vasgeketting is, geken. Die mense langs die straat het hulle gesien en met wierook die oorwinning gevier. Vir die skare het die reuk van die wierook oorwinning beteken, maar vir die gevangenes het dit die dood beteken.
Jy deel van hierdie oorwinning, selfs al ervaar jy baie probleme. Niks kan sy oorwinning keer nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie