BYBELSE WYSHEID
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 2:8: Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.
Vergifnis is nie om iemand op parool vry te laat , net om hulle weer in die tronk te sit wanneer hulle ’n fout maak nie. Dit is nie voorwaardelik nie: ‘Ek sal jou vergewe, maar ...’ Dit beteken nie dat ons slegte gedrag goedkeur of net sê: "Ek sal jou probeer vergewe nie."
Ons het nie al Paulus se briewe aan die Korintiërs nie. ’n Sogenaamde ‘tranebrief’ wat hartseer veroorsaak het, is weg (sien 2:3 en 7:8). Na aanleiding van hierdie brief het die gemeente opgetree teen iemand wat probleme veroorsaak het. Hulle reaksie was nie eenparig nie. Die meerderheid het geglo dat optrede nodig is (2:5, 6), maar dit het ook hartseer vir die betrokke individu veroorsaak. Paulus moedig hulle nou aan om meer liefde en vergifnis te betoon (2:7).
Ons veroordeel mense maklik wat foute maak. Ja, dis moeilik om iemand se oortreding aan te spreek en hulle tegelykertyd te laat voel dat ons hulle steeds liefhet. Die Here se woord leer egter dat ons nie mense wat oortree het seer moet maak of straf nie. As ons hulle foute teen hulle hou, kan hulle hoop verloor (2:7). Ons loop die risiko om hulle uit ons geloofsgemeenskap te verloor.
Die beste manier is om hulle met liefde, vergifnis en aanmoediging te behandel. Hierdie benadering weerhou Satan om verdeeldheid in die geloofsgemeenskap te veroorsaak (2:11).
Here, help ons asseblief om u vergifnis aan mense wat geval het, te betoon. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie