Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 3:6: “(God het). . . ons bekwaam gemaak om bedienaars van ’n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.”
“Ek het die Gees. Hy lei my.”
Hierdie woorde word dikwels gebruik om meningsverskille stil te maak. Dis asof iemand sê: “God het met my gepraat. Jy moet luister want my openbaring oortref joune.” Soms word hierdie vers as bewys aangehaal. Hierdie interpretasie is verkeerd.
Paulus plaas nie die Bybel en die Gees teenoor mekaar nie. Hy verwys eerder na die wet (3:3). Die terme “letter” en “Gees” beklemtoon die onderskeid tussen die ou en nuwe verbonde. Die wet is direk, maar beperk. Dit kom van buite ons en verander nie ons harte nie. Die eise van die wet is duidelik, maar ons kan dit nie op ons eie nakom nie. As ons dit nie kan doen nie, is dit dodelik.
Daarteenoor bring die bediening van die Gees lewe. Net soos die letter aan Moses gekoppel is, is die Gees aan die verhewe Christus gekoppel. Anders as die letter, wat van buite af werk, werk die Gees binne ons.
Die letter en Gees is dus nie in opposisie nie. God se wil word deur die wet geopenbaar en die Gees bemagtig ons om daarvolgens te lewe. Die Gees lei ons om nie God se opdragte te verontagsaam nie, maar om sy wil te vervul soos in die Skrif uiteengesit.
Gees van God, verander my van binne af sodat ek U Woord getrou kan gehoorsaam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie