Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 3:18: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here... Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”
Soos ek ouer word, voel spieëls en foto’s soos vyande! Ek wonder gereeld of dit ek is. Die goeie nuus is dat ons meer is as net ons fisieke voorkoms. Ons word deur die Heilige Gees verander (3:18). Soos ’n goeie beeldhouer werk die Gees aan die dele van ons wat Christus nie weerspieël nie.
Wanneer die Gees die sluier oor ons denke lig, kan ons die heerlikheid van die Here duideliker sien (3:14, 17). Net soos Moses God se heerlikheid uitgestraal het nadat hy Hom ontmoet het, weerspieël ons ook daardie heerlikheid namate ons groei in ons ervaring daarvan. Die Gees van God oorskry ons beperkinge (3:4, 5, 15; 4:7). Al is ons gebrekkig en sukkel ons om die Woord te verstaan, werk die Gees in ons om te bevestig dat Jesus die Here van heerlikheid is! Wanneer ons sien dat God ons liefhet, word ons soos Hy. Ons weerspieël God se heerlikheid.
’n Dogtertjie het ná ’n preek vir haar ma gesê sy verstaan nie hoe God in ons kan leef nie, want Hy is groter as ons. Dis hoekom ons oorloop van sy liefde!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie