No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Korintiërs 4:5: “Ons verkondig nie onsself nie, maar Jesus Christus as die Here, en onsself as julle dienaars ter wille van Jesus.”



’n Dogtertjie het eenkeer vir die vrou van ’n sendeling gesê: “Ek het gisteraand van die Here Jesus gedroom. Hy het jou gesig gehad.”

Dit hoef nie nie net in drome te wees nie. Ons weerspieël die heerlikheid van die Here (3:18). Hy is die beeld van God (4:4). Hierdie beeld groei elke dag in ons deur die Gees van God wat hierdie lig aansteek deur die evangelie van Jesus Christus (3:17,18; 4:4). Net soos God in die begin lig geskep het, ontvlam sy heerlikheid in ons (4:6).

Paulus se bediening is aangevuur deur sy Gees wat hierdie lig in hom aangesteek het. Die lig van die evangelie skyn deur hom. Daarom is sy bediening eg (4:2). Hy fokus nie op homself of sy vermoëns nie. Hy verkondig eerder Jesus Christus as Here (4:5).

Die Here gebruik beslis leierskap, gawes, spiritualiteit en kerkstrukture. Die sleutel is egter dat die Gees eers in ons moet werk voordat Hy deur ons gaan werk. Sonder die Gees se transformerende werk sal selfs ons beste pogings te kort skiet.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!