No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Korintiërs 4:7: “Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.”



Gebrokenheid is nie ’n diskwalifikasie om die Here te dien nie. Dis ’n vereiste! In hierdie gedeelte gebruik Paulus verskeie kragtige beelde. Hy vergelyk ons met kleipotte en tente (4:7; 5:1). Ons is broos, swak en verganklik. Tog sê hy dikwels dat hy nie moed verloor nie (4:1,16 en 5:6). Hoe is dit moontlik? Deur sy swakheid en sterflikheid te herken, het hy geleer om nie op die sigbare te fokus nie. Teëspoed ontbloot ons wankelrige fondamente van valse geloof en waarop ons regtig bou. Paulus het hoop omdat hy besef het dat God vir hom in sy swakheid sorg (4:1). Hy bly standvastig, wetende dat die opstanding van Jesus sy toekoms met God verseker (4:14).

Dank God vir jou broosheid en tydelikheid. Hy is besig om ons tydelike woning af te breek om ons voor te berei vir ’n blywende tuiste by Hom in die hemel. Intussen skyn sy krag en heerlikheid helderder deur jou.

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!