Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korintiërs 4:13,14: “Daar staan in die Skrif: ‘Ek het geglo, daarom het ek gepraat.’ Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook... God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor sy troon sal stel.”
Sommige mense waardeer ons. Sommige hou nie van ons nie. Ander is neutraal. Paulus het opsetlike laster en ondermyning in die gesig gestaar. Hy praat van die verdrukking en ontberings wat hy verduur ter wille van Christus (4:8-11). Sy lewe is soos ’n brose kleipot wat maklik gebreek word.
Wat dryf hom om aan te hou in die aangesig van opposisie? Hy weet dat God se liefde meer mense sal bereik deur sy pogings (4:15). Hy bring hoop dat ons saam met Christus opgewek sal word (4:14). Dit sal mense met dankbaarheid en eer teenoor God vul (4:15)
God werk deur ons broosheid. Sy krag oortuig ander as gevolg van Jesus se opstanding. Paulus sê dat die opstanding van Christus hom laat praat (4:13-15). Al is hy broos, kan Paulus nie stilbly nie.
Hoe kan ons stilbly as die wêreld nie hoop het nie? Ons het in n stadium self sonder hoop gelewe, ver van God af (Ef 2:11,12). Nou is dit anders. Kom ons deel hierdie hoop met ander.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie