Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Esegiël 37:3: “Mens, kan daar in hierdie bene weer lewe kom? Ek het geantwoord: Nee, dit weet net U, Here my God.”
Volgens navorsing gaan alle organisasies deur ’n lewensiklus, van ontstaan tot agteruitgang tot dit uiteindelik doodgaan. Soms kan pogings aangewend word om hierdie agteruitgang te voorkom. Dikwels is dit die gevolg van ’n intense bewuswording van die organisasie se terminale toestand.
Baie glo dat die kerk ’n afwaartse trajek in die gesig staar met dalende lidmaatgetalle, lae erediensbywoning en verminderde bydraes. Daar is meningsverskille, hopeloosheid en apatie onder baie lidmate.
In Esegiël 37 is ’n toneel van volslae leweloosheid. Esegiël sien dat die dood ’n harde werklikheid is. Die bene is reeds baie droog. Wanneer die Here vir Esegiël uitvra oor die moontlikheid van ’n herlewing, reageer hy met skeptisisme en sê dat net die Here weet of daar hoop is. Mense het hopeloos gevoel omdat hulle gedink het dinge sal beter word. Ongelukkig het hulle die nuus ontvang dat die stad geval het (Esegiël 33:21).
Ons kan natuurlik die profeet se woorde anders interpreteer: net die Here weet of daar hoop is. Ware hervorming begin met die erkenning dat daar geen menslike hoop is nie. Waar daar hoop in die Here is, is daar lewe. God het ’n unieke vermoë om dinge te verander. Kom ons bid vir sy transformerende werk te midde van ons pessimisme binne die kerk.
Here, hervorm my en hervorm u kerk, ter wille van die eer van u Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie